Elroy het sy belangstelling en talent in hierdie veld deur blote toeval ontdek. As jong boerseun met 20 jaar ondervinding in boerdery glo hy om sy vinger op sy pols te hê. Deur aktief betrokke te wees in sy boerdery het hy self 'n rugbesering opgedoen. Na vele behandelings en slapelose nagte gevul met pyn, is hy deur 'n familielid na 'n Masseer Terapeut verwys. Hierdie persoon se werkswyse het Elroy se belangstelling in massering en die behandeling van spier beserings geprikkel. Elroy beskou hom ook as 'n mentor en aansporing in sy werk. Dit het Elroy oortuig om betrokke te raak in die behandeling van spier pyne en daarom verstaan hy dus ook sy kliente se probleme en pyne soveel beter.